Vibreer

Ek vibreer net hier.
Soms te voet, soms ver ente met ‘n enjin.
Ek vibreer net hier.
Deur besige strate en verby baie pare oë.
Ek sweef deur die skare,
almal sien my, maar ook honderde van my.

Anoniem en vlugvoetig.
Ek maak nie groot golwe nie.
Ek skiet nie wortel nie.
Ek trap nie diep spore nie.
As jy môre vra sal niemand onthou nie.
As jy môre loop en tekens soek sal jy lank soek.

Ek het ‘n voordeur
en my beursie gaan oop en toe.
Ek is ‘n regular hier en daar
en ek het ‘n stempel en ‘n visa.
Die onbekende voel nou effens bekend
en ek en die stad deel geheimpies.

Verder vibreer ek net.
Vibreer en kyk.
Na binne en weer uit.
Vibreer en dink.
Vorentoe en weer terug.
Ek vat groot happe, dink weer en sluk swaar.

Ek filter min. Ek varnish minder.
Ek wees en erken en herken die dinge.
Ek vibreer en prosesseer.
Hierdie heerlike, selfsugtige tyd sal ek mis.
Meestal net ek.
Dit tel in Hanoi en in hierdie tye.

May 2017, Hanoi

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s